Krieket Suid-Afrika het die Protea vroue groep aangekondig wat later die maand teen Engeland te staan sal kom.
Drie veranderinge is aan die T20-groep gemaak wat verlede maand die eindstryd van die T20 krieketwêreldbeker gehaal het.
Eliz-Mari Marx, Nondumiso Shangase en Faye Tunnicliffe vervang vir Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka en Mieke de Ridder.
Die Engelse kom toer in Suid-Afrika waar daar ‘n drie wedstryd T20- en Eendag-reeks beslis sal word voor ‘n geskiedkundige toetswedstryd in Bloemfontein wat die eerste een in Suid-Afrika sedert 2002 sal wees.