Suid-Afrika en Australië pak mekaar van 11 tot 16 Junie in die eindstryd van die Wêreldtoets-kampioenskap op Lord’s maar min glo dat die Proteas hul topposisie op diè puntelys verdien het.

Hoewel hulle bo geëindig het met oorwinnings teen minder bedreigende spanne soos Bangladesh en Sri Lanka is dit Australië wat as gunstelinge beskou word na hul strawwe kompetisie teen top teenstanders.

Die Aussies se toetskern is stabiel en hul spelers blink ook uit in die IPL  terwyl Suid-Afrika se span worstel met vorm van sy topspelers insluitend kommer oor Temba Bavuma en Kagiso Rabada.

Tog is daar hoop dat graafskapspelers soos David Bedingham en Kyle Verreyne  dalk iets besonders kan verrig en die kampioene onverwags van hul troon af kan stamp.

error: Inhoud is beskerm !!