KRIEKET – Die Proteas het gister die 1ste T20 wedstryd teen Ierland met 21 lopies in Bristol gewen.

Die besoekers het ‘n reuse 211 / 5 aangeteken met Reeza Hencricks en Aiden Markram wat onderskeidelik 74 en 56 lopies gemoker het.

Die Green and Whites het stadig begin maar Lorcan Tucker se haastige 78 van net 38 balle wat 7 viere en 5 sesse ingesluit en George Dockrell se 43 het die Proteas bietjie laat sweet maar Keshav Maharaj , Wayne Parnell en Tabraiz Shamsi het die brieke aangedraai en elk 2 paaltjies laat kantel.

De 2de wedstryd word weer Vrydag op die Bristol County Gound gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×