Die Proteas het Bangladesh ’n krieketles geleer nadat hulle die tuisspan met ’n beurt en 273 lopies op die derde dag in Chattogram geklop het.

Dit was 416 lopies kort van die Suid-Afrikaners se eerste beurt telling waar die Instaankaptein Aiden Markram die Tiere uitgestuur het om hulle tweede kolfbeurt dadelik te hervat.

Die tuisspan het weereens vroeg gesteier en was almal uitgehaal vir 143 laat aan die einde van die derde dag se spel.

Die linkerhandse draai-duo van Senuran Muthusamy en Keshav Maharaj het geskitter en 9 kolwers tussen hulle laat terugstap vir net 104 lopies.

Die Proteas wen die reeks 2 – 0 wat ook hul eerste reeks-oorwinning in 10 jaar op diè sub-kontinent was.

*Die Suid-Afrikaanse span het ook hul openingswedstryd by die Hong Kong Internasionale Sesse-toernooi gewen nadat hulle die tuisspan met 3 paaltjies kon troef.

Hong Kong het 92 opgestapel waarna die Suid-Afrikaners die wentotaal met 8 aflewerings oor bereik het.

Suid-Afrika speel vanoggend om 09:50 (SA Tyd) teen Nieu-Seeland in hul volgende wedstryd.

**Die Knights speel ook die naweek in die Paarl waar hulle op die eerste dag van hul KSA vierdag-wedstryd teen die Boland vir 266 lopies uitgehaal is.

Die voormalige Protea speler Aaron Phangiso het die beurt aanmekaar gehou toe hy op nommer agt 73 waardevolle lopies bygedra het.

Die tuisspan sal Vrydagoggend hul kolfbeurt begin en poog om vinnige lopies op die telbord te plaas.

Diè wedstryd duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×