KRIEKET – Die Proteas het met ’n skitterende boulvertoning die toetsreeks teen die Windies met 40 lopies op Dag 3 van die 2de toets beklink.

Die Suid-Afrikaners  het die eilandspan ’n teiken van 263 gestel maar puik boulwerk deur Kagiso Rabada , Wiaan Mulder , Keshav Maharaj en Dane Piedt het die Windies se aanslag gestuit.

*Mulder is as Speler van die Wedstryd aangewys terwyl Maharaj die Speler van die Reeks is. Hy is ook nou die SA draaibouler wat die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem het naamlik 171 en het Hugh Tayfield se rekord van 170 verbygeskuif.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×