KRIEKET – Die Proteas krieketspan is terug op koers in die Wêreldbeker-toernooi na hulle die verdedigende kampioen Engeland Saterdag afgeransel het met 229 lopies.

Suid-Afrika het ’n reuse telling van 399 / 7 opgestapel. Heinrich Klaasen was weer onder die lopies en het 109 bygedra terwyl Marco Jansen ook die langsteel ingelê het vir sy 75. Reeza Hencricks en Rassie van der Dussen het ook goeie ondersteuning gebied met beurte van onderskeidelik 85 en 60.

Engeland se kolwers was reeds in die 3de boulbeurt in die moeilikheid en was uiteindelik almal uitgehaal vir 170 lopies net 19 boulbeurte later. Al die boulers het paaltjies geneem met Gerald Coetzee wat die beste syfers behaal het van 3 / 35.

*Die Proteas is tans 3de op die punteleer met Nieu-Seeland en die gasheerland Indië onderskeidelik in die 2de en 1ste plek terwyl die Aussies en Pakstan saam op 4 punte is in die 4de plek.

**Suid-Afrika speel Dinsdagoggend om 10:30 teen Bangladesh.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×