KRIEKET  – Die Proteas was ook gister teen Indië in die T20 wêreldbeker-toernooi in aksie waar dit kophou van die S.A. span geverg het om uiteindelik in ‘n spannende wedstryd met 5 paaltjies te gewen het.

Indië het eerste gekolf en het ‘n ondergemiddelde telling van 133 / 9 aangeteken. Nadat Virat Kohli en Hardik Pandya hulle span se helde  teen Pakistan in die vorige wedstryd was is diè tweemanskap vir onderskeidelik 12 en 2 uitgehaal terwyl Suryakumar Yadav kleur aan die beurt gegee het met sy bydrae van 68 lopies.

Wayne Parnell en Lungisani Ngidi het die druk op Indië gehou en tussen hulle 7 paaltjies vir net 44 lopies laat kantel.

Die Proteas se 2 kolfkonings in die vorige wedstryd teen Bangladesh –  Quinton de Kock en Rilee Rossouw – het hierdiè keer misluk maar Aiden Markram en David Miller het kalm gebly en met beurte van 52 en 59 nie uit nie verseker dat Suid-Afrika ‘n tree nader kruip na die kwarteindrondes.

Die Suid-Afrikaners speel nou eerskomende Donderdag teen die onvoorspelbare Pakistan op die SCG in Sydney.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×