KRIEKET – Die Proteas se droom om hul 1ste T20 wêreldbeker te wen is aan skerwe nadat Temba Bavuma en sy span vir die soveelste keer “gechoke” het en deur Nederland met 13 lopies in die laaste groepwedstryd verneder is.

Die lemoenspan het 158 / 4 aangeteken  terwyl die Suid-Afrikaners met slegs 145 / 8 kon terugantwoord waar die Northamptonshire naatbouler Brandon Glover ook die hart uit die Proteas se kolflys geruk het met skitter syfers van 3 / 9.

Die 3 Suid-Afrikaanse spelers in die Nederlandse span wat hul landgenote met briljante spel geskok het was Roelof van der Merwe wat ‘n puik vangskoot benut om van David Miller ontslae te raak terwyl Stephan Myburgh en Man-van-die-Wedstryd Colin Ackerman met beurte van 37 en 41 nie uit nie die Protea boulers gekasty het.

KSA T20 KRIEKET–  Dit was hierdie keer skeepsreg vir die Titans toe die span van Noord-Gauteng die Kwazulu-Natal Dolphins Saterdag in ‘n spannende wedstryd met 4 paaltjies geklop het en as die nuwe KSA T20 kampioen gekroon is.

Die Dolphins het 162 / 3 opgestapel te danke aan Keegan Daniels en Jon-Jon Smuts se beurte van 63 en 69 onderskeidelik.

Die Natalse boulers het vroeg toegeslaan in die Pretoria-manne se kolfbeurt toe Daryn Dupavillon die gevaarlike Dewald Brevis vir slegs 2 lopies laat terugstap het kleedkamer toe.

Die Titans het in ‘n stadium op 98 / 5 gesteier maar ‘n uiteindelike wen-vennootskap van 63 tussen Abdu Galiem en Man-van-die-Wedstryd Donovan Ferreira het aan die Gautengers hul 7de titel besorg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×