KRIEKET – Die Proteas het ook hul 6de oorwinning in vanjaar se WB-toernooi behaal nadat hulle Nieu-Seeland gister afgeransel het met 190 lopies.

Suid-Afrika het weer ’n groot telling van 357 / 4 opgestapel met die in-vorm Quinton de Kock wat ook sy 4de honderdtal geslaan het. Quinny se beurt van 114 het 10 viere en 3 sesse ingesluit. Rassie van der Dussen het ook skitterend gekolf en 133 lopies aangeteken.

Daarna het die Protea boulers die druk vierkantig op die Kiwi’s gehou en kon die Swart Pette net 167 bymekaar skraap.

Suid-Afrika is tans saam met die gasheerland Indië bo-aan die punteleer met 12 punte.

*In vandag se bepalings speel die einste Indië teen Sri Lanka met die wedstryd wat ook om 10:30 begin.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×