Die Proteas het in hul eerste toetswedstryd teen Bangladesj ’n oorwinning behaal.
Kagiso Rabada het nege paaltjies geneem en slegs 72 lopies in die wedstryd afgestaan.
Suid-Afrika is ‘n oorwinningsteiken van net 106 lopies gestel nadat hulle die gashere almal uitgeboul het vir 307 lopies.
Tony de Zorzi het die meeste lopies aangeteken met 41 lopies toe die Proteas die oorwinning met sewe paaltjies verseker het.
Die twee nasies speel vanaf Dinsdag volgende week in die tweede toetswedstryd van die reeks van twee toetse.