KRIEKET – Die Windies het ook die T20-reeks teen die Proteas op  ’n wennoot afgeskop toe hulle die tuisspan Saterdag  in ’n wedstryd wat na 11 boulbeurte verminder is met 3 paaltjies uitgestof het.

Die Proteas kon net 131 / 8 bymekaar maak waarna die eilandspan die wenteiken in die laaste boulbeurt bereik het.

Die tuisspan het egter gister hard teruggeslaan in die 2de wedstryd en die rekordboeke herskryf toe hulle die Wes-Indiese Eilande met 6 paaltjies geklop het.

Die Windies het ’n reuse 258 / 5 aanteken met Johnson Charles wat ’n manjifieke 118 van net 46 balle gemoker het.

Die Proteas moes van bal 1 af teen 13 lopies per beurt kolf met Quinton de Kock en Reeza Hendricks wat absoluut briljant was. Diè openingspaar het 152 in 11 beurte aangeteken met De Kock wat 100 van 44 balle bygedra het terwyl Hendricks ook die boulers gekasty het met ’n ewe indrukwekkende 68 lopies van 28 aflewerings.

Die Suid-Afrikaners het die wenteiken met die 2de laaste bal van die 19de boulbeurt bereik.

Die 3de en beslissende wedstryd word Dinsdag op die Wanderers gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×