KRIEKET – Suid-Afrika se opkomende vroue krieketspan het weer oor die hekkie gestruikel in hul eendagwedstryd gister teen Bangladesh in Bloemfontein en met 8 lopies verloor.

Bangladesh het 173 aangeteken en daarna die tuisspan tot 165 beperk.

Diè wedstryd het as voorbereiding gedien vir die vroue eendagreeks wat Saterdag in Oos-Londen begin.

Intussen het die mans Proteas die 2de T20 teen Indië ook gisteraand volgens die DLS-metode met 5 paaltjies in die Baai gewen.

Indië het 180 / 7 aangeteken maar nadat die reën uitgesak het is die sakrekenaars uitgehaal waar die Suid-Afrikaners 152 in 15 beurte moes aanteken en toe ook diè wenteiken in die voorlaaste boulbeurt kon bereik het.

*Die 3de wedstryd word Donderdag op die Wanderers gespeel.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×