Die Proteas het geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer in die geskiedenis Sri Lanka in Durban kon klop en het met 233 lopies die septer geswaai.

Diè twee spanne se eerste kolfbeurte was power maar die tuisspan het sake reggetrek in die tweede met honderdtalle deur Tristan Stubbs en kaptein Temba Bavuma wat Sri Lanka ’n teiken van 515 gestel het om te wen maar is uiteindelik vir 282 uitgehaal.

Diensh Chandimal , kaptein Dhananjaya de Silva en Kusal Mendis het goed teruggeveg met onderskeidelik beurte van 83 , 59 en 48 maar die Speler van die Wedstryd Marco Jansen het ook heel gepas die laaste paaltjie van die wedstryd geneem toe hy Asitha Fernando skoongeboul het en uiteindelik kon spog met ’n ontleding van 11 / 86.

Die tweede toets begin Donderdag in Gqeberha.

*Die Protea en Warriors kolwer Matthew Breetzke  is intussen opgeroep om Wiaan Mulder vir die res van die toetsreeks te vervang,

Mulder het vroeg op dag twee in die Proteas se eerste kolfbeurt ‘n besering opgedoen toe hy teen die hand raak geboul is waar X-strale later gewys het dat hy sy middelvinger gebreek is.

**In die plaaslike KSA-meerdagreeks het die Knights en die Dolphins mekaar op die Mangaung Ovaal in Bloemfontein aangevat wat die besoekers op die laaste dag met ’n beurt en 28 lopies gewen het.

Die Dolphins het 570 / 9 in die eerste beurt opgetapel en daarna die tuisspan vir 315 uitgehaal. Die Vrystaters is gevra om op te volg en was almal weer terug in die kleedkamer vir 230.

Die Lions is tans bo-aan die punteleer in Afdeling 1 gevolg deur die Dragons en die Knights wat tans op 49.48 punte staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×