KRIEKET – Die Proteas se vroue krieketspan het die 2de eendagwedstryd teen Nieu-Seeland ook gister maklik met 7 paaltjies in Pietermaritzburg gewen.
Die White Ferns kon net 253 bymekaar maak terwyl Nadine de Klerk en Nonkululeko Mlaba tussen hulle 6 paaltjies laat tuimel het vir net 85 lopies.
Daarna het Laura Wolvaardt ’n puik kapteinsbeurt van 124 nie uit nie gespeel om ook sodoende haar 4de eendag honderdtal te kon bereik.
Die Proteas loop 2 – 0 voor in die reeks met die laaste wedstryd wat Sondagoggend om 09:30 in Durban begin.