KRIEKET – Nadat die Proteas ’n rampspoedige 3de dag in die 1ste toets teen die Wes-Indiese Eilande beleef het, het die Suid-Afrikaners ’n puik terugvegpoging geloods om die wedstryd met 87 lopies te beklink.

Die tuisspan is in hul 2de beurt vir net 116 uitgeknkker met Aiden Markram wat 47 bygedra het terwyl Gerald Coetzee ook ’n waardevolle 20  lopies aan die einde van die Proteas se beurt by die telling help voeg het.

Die Windies het ook vroeg gesteier totdat Jermaine Blackwood die beurt gestabiliseer het met ’n skitter bydrae van 79 lopies. Hy het baie gevaarlik gelyk totdat hy ook sy paaltjie aan Kagiso Rabada moes afstaan wat uiteindelik 6 kolwers vir net 50 lopies teruggestuur het na die kleedkamer.

Die 2de en laaste toets in die reeks begin eerskomende Woensdag op die Wanderers waarna die Eendag- en T20-reekse sal volg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×