KRIEKET – Die Proteas krieketspan het hulle Wêreldbeker-veldtog op ’n wennoot teen Sri Lanka begin met ‘n oorwinning van 102 lopies in Delhi.

Quinton de Kock , Rassie van der Dussen en Aiden Markram het honderdtalle geslaan en Suid-Afrika na ’n reuse telling van 428 / 5 geneem.

Sri Lanka se kolwers het egter ook daarna vuur onder die Protea boulers gemaak en die grenshoue ingeryg maar diè span was almal terug in die kleedkamer vir 326 lopies.

Die Proteas speel Woensdag teen Australië wat ook hul openingwedstryd teen die gasheerland Indië met 6 paaltjies in Chennai  verloor het.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×