KRIEKET – Die Proteas het hul stemme dik gemaak teen Nieu-Seeland op Dag 3 van 2de kriekettoets in Hamilton.
Dane Piedt het die Swart Pette deurmekaar gedraai het met syfers van 5 / 89 en ook sodoende verseker dat die tuisspan almal uitgehaal was vir 211.
Suid-Afrika was teen teetyd in hul 2de kolfbeurt stewig in die saal en het reeds ’n voorsprong van 200 lopies opgebou waar David Bedingham tans weer ’n groot beurt speel en ook sy 1ste toets 100-tal vroeër vanoggend aangeteken het.
Die debutant Will O’Rourke het egter diè partytjie kom bederf toe hy Bedingham laat uitvang het vir 110 met ’n briljante vangskoot deur Neil Wagner en het ook daarna die res van die kolflys uitmekaar laat spat met ’n ontleding van 5 / 34 waarna die besoekers almal uitgehaal was vir 235.
*Nieu-Seeland was teen uitskeityd op 40 / 1 toe Dane Paterson die gebore Suid-Afrikaner Devon Conway been voor paaltjie betrap het vir 17 lopies.