Die Protea-speler Chloe Tryon is as die Internasionale Krieketraad se vrouespeler van die maand vir Mei aangewys.

Tryon het dié eer verwerf ná indrukwekkende vertonings in die driehoekige eendagreeks.

Sy het gesê sy is verras en voel geëerd oor die toekenning en hoop om voort te bou op haar prestasie en konsekwentheid in haar spel.

Die Proteas is tans in Barbados waar hulle voorberei vir ʼn reeks van drie eendag- en drie T20-wedstryde teen die Wes-Indiese Eilande.

*Intussen het Suid-Afrika A weer die Windies se naasbestes teen die planke gehad toe hulle die eilandspan op die eerste dag van die tweede en laaste vierdagwedstryd in St. Lucia vir 220 uitgenkikker het.

Okuhle Cele en Ruan de Swardt het skitterend geboul en sewe kolwers tussen hulle laat terugstap kleedkamer toe vir net 114 lopies.

Suid-Afrika het vroeër hul kolfbeurt op 44 / 2 hervat en sal poog om ten minste ’n voorsprong van 200 lopies op die eerste beurt op te bou.

Diè kragmeting eindig Woensdag.

error: Inhoud is beskerm !!