KRIEKET – Die Proteas se voorlopige T20 Groep vir die Wêreldbeker-toernooi is Dinsdag bekendgemaak en sal deur Aiden Markram aangevoer word.

Die 2 nuwelinge in die groep is die opwindende toporde kolwer Ryan Rickelton en snelbouler Ottniel Baartman.

Die 2022 kaptein Temba Bavuma is uit die span gelaat terwyl Rilee Rossouw en Wayne Parnell ook nie plek kon kry nie. Die Titans se Lungi Ngidi wat die laaste tyd sukkel om sy topvorm te bereik sal wel ’n reisende plaasvervanger wees.

Die volledige span is: Aiden Markram (k) , Ottniel Baartman , Gerald Coetzee , Quinton de Kock , Bjorn Fortuin , Reeza Hendricks , Marco Jansen , Heinrich Klaasen , Keshav Maharaj , David Miller , Anrich Nortje , Kagiso Rabda , Ryan Rickelton , Tabraiz Shamsi en Tristan Stubbs. Die reisende plaasvervangers is Lungi Ngidi en Nandrè Burger.

*Voorlopige groepe kan nog tot 25 Mei gewysig word waarna enige veranderinge eers die groenlig van die Internasionale Krieketraad se tegniese komitee moet verkry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×