KRIEKET – Die Proteas was aan die einde van Dag 1 in hul opwarmings wedstryd teen die Engelse Leeus XI-tal  stewig in die saal op 282 / 6 nadat Rassie van der Dussen en Khaya Zondo vasgeskop het met ‘n vennootskap van 143 lopies om die 6de paaltjie.

Van der Dussen het 75 daarvan aangeteken terwyl Zondo met uitskeityd steeds voor die paaltjies was op 86 nie uit nie.

Suid-Afrika wat sonder Kagiso Rabada in diè kragmeting speel sal die wedstryd gebruik om sy voorbereiding af te handel wanneer die 1ste toets vandag oor ‘n week op Lord’s begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×