Die Proteas se tweede en laaste toetswedstryd teen Bangladesh het in Chattogram begin.

Die Suid-Afrikaners se instaan-kaptein, Aiden Markram, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf wat vroeg reeds vrugte afgewerp het.

Markram het wel sy paaltjie op 33 verloor maar daarna het Tony de Zorzi en Tristan Stubbs die pap dik aangemaak teen die Tiere se boulers en ’n vennootskap van 201 om die tweede paaltjie gebou.

Stubbs is uitgehaal met sy telling op 106 terwyl de Zorzi met 141 agter sy naam en David Bedingham op 18 Woensdagoggend verder sal voortkolf, waar die Proteas reeds die 300-kerf verbygesteek het.

Die Proteas het die eerste toets in Mirpur met sewe paaltjies gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×