Die Poteas was stewig in die saal aan die einde van die tweede dag se spel teen Bangladesh in Mirpur.
Die besoekers het 308 in hul kolfbeurt aangeteken met Kyle Verreyne wat sy tweede honderdtal in toetskrieket kon aanteken. Verreyne is uitgehaal met sy telling op 114 en het ook goeie ondersteuning van Wiaan Mulder gekry wat 54 lopies kon bydra.
Die tuisspan was reeds in die tweede boulbeurt van hul 2de kolfbeurt kniediep in die moeilikheid nadat Kagiso Rabada vir Shadman Islam en Mominul Haque binne vier aflewerings terug kleedkamer toe gestuur het.
Die Tiere kolf Woensdag voort op 101 / 3 en kort nog 101 lopies om Suid-Afrika weer te laat kolf.