Die Proteas kon nie plek bespreek in die eindstryd van die Drienasies-eendagreeks nie nadat Pakistan diè kragmeting in Karatsji met ses paaltjies gewen het.

Temba Bavuma het besluit dat sy span eerste sal kolf en die hoogste telling nog teen Pakistan in Karatsji naamlik 352 / 5 na 50 beurte ingesamel. Alhoewel Heinrich Klaasen weer sy ou self was met 87 lopies en ook goeie ondersteuning ontvang het van Bavuma en Matthew Breetzke met onderskeidelik 82 en 83 was dit nie genoeg om Pakistan se kolfaanslag te stuit nie.

Salman Agha en Mohammad Rizwan het die Protea boulers kasty en gespog met beurte van 134 en 122.

Pakistan ontmoet Nieu-Seeland Vrydag weer by die Nasionale Stadion in Karatsji waar die eerste aflewering om 11:00 (SA Tyd) afgestuur sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×