Die Proteas het die terugvegpoging van Pakistan aan die einde van dag vier van die tweede toets gestuit toe die tuisspan met 10 paaltjies die oorwinning verseël het en skoonskip in diè reeks kon maak.
Die besoekers het wel die hoogste opvolgtelling nog van 478 in ’n toets in Suid-Afrika aangeteken wat aan die Proteas ’n teiken van slegs 58 gelaat met David Bedingham wat die timmerwerk gedoen het met ’n blitsige 44 lopies terwyl Aiden Markram toeskouer gespeel het met sy bydrae van 14.
Die Proteas wen diè reeks 2 – 0.
Ryan Rickelton is as Speler van die Wedstryd aangewys vir sy manjifieke 259 terwyl die veelsydige Marco “Plankie” Jansen die Speler van die Reeks was.
*Afghanistan se mans span het Zimbabwe met 72 lopies geklop op dag vyf van hulle tweede toetswedstryd in Bulawayo.
Spel op die laaste dag het begin met Zimbabwe wat 78 lopies nodig gehad het om te wen terwyl Afghanistan slegs twee paaltjies moes neem en het dit met net 15 aflewerings vermag.
Die bybreekbouler Rashid Khan het geëindig met boulsyfers van 7 / 66 en sy land gehelp tot slegs hul vierde oorwinning ooit in toetskrieket.