KRIEKET – Die Proteas het weer vasgeval in die tweede T20 wedstryd in Tarouba toe die tuisspan Sondag met 30 lopies die septer geswaai het.
Die eilandspan het 179 / 6 bymekaar gemaak met Shai Hope wat die beste met die wilgerlat gevaar het vir sy bydrae van 41 lopies van 22 aflewerings.
Suid-Afrika het goed begin en was na slegs 28 aflewerings op 63 voordat Ryan Rickelton sy paaltjie verloor het.
Die Proteas is uiteindelik vir 149 almal uitgehaal in die twintigste boulbeurt.
Die Windies loop 2 – 0 voor in die reeks met die laaste wedstryd wat môre gespeel word.
Engeland het ook die eerste toets teen Sri Lanka op Old Trafford met 5 paaltjies gewen terwyl Bangladesh ook geskiedenis gemaak het deur Pakistan in Rawalpindi met 10 paaltjies te kon troef.