KRIEKET – Die Proteas het hul wenmomentum behou deur Australië in hul 2de krieket WB-wedstryd te oorrompel het met 134 lopies in Lucknow.

Die Speler-van-die-Wedstryd Quinton de Kock het sy 2de agtereenvolgende 100-tal geslaan met ’n sprankelbeurt van 109 terwyl Aiden Markram bygelas het met 56 lopies vir ’n totaal van 311 / 7.

Die Proteas se veldwerk was van hoogstaande gehalte met die  boulers wat hierdiè keer op alle silinders gevuur het en die Aussies tot 177 almal uit kon beperk. Kagiso Rabada was Suid-Afrika se beste bouler en het 3 / 33 platgetrek.

*Die Proteas speel Dinsdag in hul volgende wedstryd teen Nederland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×