Die Proteas het hul plek in die Champions Trophy se halfeindronde verseker deur Engeland vir 179 uit te boul en daarna ’n gemaklike sewe-paaltjie oorwinning in Karachi te behaal.

TimesLIVE berig die Suid-Afrikaanse en Australiese spanne reis nou na Dubai, waar Nieu-Seeland Sondag teen Indië speel om hul halfeind-teenstander te bepaal.

Die span wat nie teen Indië speel nie, keer terug na Pakistan vir die tweede halfeindstryd in Lahore.

Rassie van der Dussen (72*) en Heinrich Klaasen (64) het ’n vennootskap van 130 lopies gesmee om die oorwinning te beklink.

Klaasen het as kaptein klaargemaak ná Aiden Markram ’n dyspierbesering opgedoen het.

Marco Jansen (3/15) en Wiaan Mulder (3/42) het Engeland se swak kolfvertoning uitgebuit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×