KRIEKET – Australië het deurgedring na die eindstryd in vanjaar se krieket WB-toernooi nadat hy die Proteas gister op Eden Gardens met 3 paaltjies kon klop.

Suid-Afrika het 1ste gekolf en kon net 212 lopies bymekaar maak met Heinrich Klaasen wat 47 aangeteken het sowel as David Miller met sy reddingsbeurt van 101.

David Warner en Travis Head het die Protea boulers van die 1ste aflewering aangevat en in die kragspel 60 lopies geslaan. Tabraiz Shamsi en Keshav Maharaj het die druk begin opbou en tussen hulle 3 paaltjies geneem vir 66 lopies maar op die ou einde was die totaal net te klein om suksesvol te verdedig.

Die stertkolwers Mitchell Starc en kaptein Pat Cummins het egter kopgehou en hulle span oor die lyn geneem in die 3de laaste boulbeurt.

*Indië en Australië ontmoet mekaar nou Sondag om 10:30 om te bepaal wie die eendag wêreldkroon sal dra.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×