Die Proteas-vrouespan speel in hul eerste tuis-Toetswedstryd in 22 jaar teen Engeland by die Mangaung Ovaal in Bloemfontein.

BBC Sports berig die laaste keer wat Suid-Afrika ’n vrouetoetswedstryd aangebied het, was in 2002 toe Indië die gasheer met 10 paaltjies geklop het.

Die Proteas-vroue se ontwikkeling is sedert 2013 volledig professioneel, met die beste befondsde en beste toegeruste span in Afrika – tog bly hulle agter in toetskrieket, met net een oorwinning in 15 toetswedstryde sedert 1960.

Die nuwe afrigter, Mandla Mashimbyi, beklemtoon die belangrikheid van rooibalkrieket om spelers emosioneel, fisies en verstandelik te toets.

Die gebrek aan provinsiale rooibalwedstryde beperk egter hul voorbereiding.

Die wedstryd het gister afgeskop met Engeland wat die muntgooi gewen het en besluit het om eerste te kolf. In hul eerste beurt het Engeland met ’n teiken van 395 lopies verklaar .

Engeland het nege van hul paaltjies gedurende hul beurt verloor.

Suid-Afrika het hul telbord op die eerste dag met 17 lopies ná ses boulbeurte geopen. Spel word op 16 Desember 2024 om 10:00 op die Mangaung Ovaal voortgesit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×