Die Protea vroue span het hul 2de ronde wedstryd teen Engeland met 7 paaltjies verloor.
Suid-Afrika kon net 124 / 6 bymekaar maak waarna Engeland die wenteiken met drie aflewerings oor bereik het.
Die Proteas speel Woensdagmiddag om 12:00 (SA Tyd) teen die sukkelende Skotland wat tans hulself onderaan Groep B bevind.
*Die Protea mans was egter ook nie opgewasse teen Ierland en het in die 3de eendag wedstryd met 69 lopies kortgeval.
Ierland het 284 / 9 opgestapel met die kaptein Paul Sterling wat 88 bygedra het waarna die Suid-Afrikaners vir ’n goedkoop totaal van 215 uitgehaal is.
Suid-Afrika wen die reeks met 2 – 1.