KRIEKET – Die Proteas en Australië gaan mekaar vandag in die 1ste wedstryd van die eendag krieketreeks op die Mangaung Oval  die stryd aansê.

Nadat Australië ook skoonskip in die T20-reeks gemaak het sal die tuisspan egter die bordjies will verhang met ’n afgeronde spanvertoning waar die boulers en kolwers as ’n eenheid gaan moet saamwerk indien hulle die Aussies wil tem.

Temba Bavuma sal sy span van vooraf moet lei met ’n afgeronde kolfvertoning terwyl die boulers gaan moet wys dat hulle onder druk die regte lyn en lengtes kan handhaaf wat ook van groot belang gaan wees by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi wat oor minder as ’n maand in Indië wegtrek.

Diè  krieketfees in Bloemfontein begin vanmiddag om 13:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×