KRIEKETDie Proteas was met etenstyd op Dag 1 van die 2de toets teen Nieu-Seeland weer vroeg in die moelikheid nadat kaptein Neil Brand die loot gewen het en besluit het dat sy span 1ste sal kolf.

Clyde Fortuin was uitgehaal vir ’n goue eendjie toe hy uitgevang is deur Glen Phillips vanaf die boulwerk van Matt Henry.

Met Suid-Afrika se telling op 40 was Brand been-voor-paaltjie betrap deur die debutant Will O’Rourke. Raynard van Tonder en Zubayr Hamza het daarna weerstand probeer bied maar is ook uitgehaal vir onderskeidelik 32 en 20 lopies.

David Bedingham het met ’n geduldige 39 lopies van 102 aflewerings ook die kastaiings uit die vuur probeer krap maar moes ook terugkeer na die kleedkamer nadat die draaier Rachin Ravindra ook sy 3de paaltjie vir die dag geneem het.

*Die Swart Pette het die 1ste toets met 281 lopies gewen op die Bay Oval  in Tauranga.

error: Inhoud is beskerm !!