KRIEKET – Die Proteas het uiteindelik na 5 agtereenvolgende nederlae teen Australië die bordjies verhang toe hulle die 3de eendag wedstryd gister in Potchefstroom met 111 lopies kon wen.

Die tuisspan het 338 / 6 aangeteken met ’n puik openingsvennootskap van 146 lopies tussen Temba Bavuma en Quinton de Kock die beurt momentum gegee terwyl Aiden Markram met die laaste bal van die 50ste beurt ook die sy honderdtal kon bereik.

Die Aussies se David Warner en Travis Head het weereens die Proteas se boulwerk aan flarde geslaan en vinnig 79 lopies in die kragspel opgestapel totdat Sisanda Magala diepartytjie bederf het en Head laat uitvang het deur Gerald Coetzee.

Die besoekers was hierdie keer tot 227 beperk met Gerald Coetzee wat 4 paaltjies vir 50 lopies kon plattrek.

Wedstryd nommer 4 in die reeks van 5 word Vrydag op SuperSport Park in Pretoria beslis.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×