KRIEKET – Die Proteas was ook aan die wenkant nadat hulle die 5de en laaste eendagwedstyd gistermiddag op die Wanderes oortuigend gewen het met 122 lopies.
Die tuisspan het op ’n moeilike kolfblad skitterend gekolf en 319 / in 5 aangeteken met Aiden Markram en David Miller wat onderskeidelik 93 en 63 behaal het terwyl Marco Jansen ook 47 lopies van net 23 aflewerings gemoker het.
Daarna was diè linkshandige snelbouler die doring in die Aussie kolwers se vlees en het geëindig met ’n ontleding van 5 / 39 in 8 beurte en was die besoekers uiteindelik almal terug in die kleedkamer vir net 193 lopies.
Die Proteas wen die reeks 3 – 2 en sal nou die momentum saamneem Indië toe wanneer die Wêreldbeker-toernooi op 5 Oktober wegtrek.