Die Proteas het die eerste Eendag-wedstryd Woensdag teen Ierland met 140 lopies gewen.
Die Suid-Afrikaners het gesukkel deur die eerste tien boulbeurte waar hulle op 39 / 3 gestaan het maar daarna het Ryan Rickelton en Tristan Stubbs die skade herstel en beurte van onderskeidelik 91 en 79 gespeel en die besoekers na 271 / 9 geneem.
Die Iere is daarna tot 132 beperk met Lizaad Williams wat die beste onder die Suid-Afrikaanse boulers gevaar het met ’n ontleding van 4 / 32.
Die volgende wedstryd in die reeks word Vrydag in Abu Dhabi beslis.