KRIEKET – Die Proteas het ook op die wenpad gebly het toe hulle die Green & Whites met 44 lopies in die 2de T20 wedstryd in Bristol geklop het.

Die Suid-Afrikaners het 182 / 6 aangeteken met Reeza Hendricks wat weereens puik was met 42 terwyl Heinrich Klaasen ‘n blitsvinnige 39 van 16 balle geslaan het.

Ierland was almal uit vir 138 in die 19de boulbeurt te danke aan briljante boulwerk deur Wayne Parnell met syfers van 5 / 30 en is goed ondersteun deur die veelsydige Dwaine Pretorius wat 3 / 33 platgetrek het.

Die Proteas wen die mini-reeks met 2 – 0.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×