KRIEKET –  Dit was ’n geval van Déjà vu  want verlede jaar het dieselfde scenario hom herhaal toe Nederland ook die Proteas in Australië in ‘n T-20 Wêreldbeker geklop het – Hierdiè keer was dit in Indië en met 38 lopies in die Wêreldbeker eendagreeks.

Diè wedstryd is na 43 beurte aan ’n kant verminder weens die eendeweer en met die Oranje span op 140 /7 in die 34ste beurt het die onweerswolke kort daarna weer in die vorm van die oud-Protea Roelof van der Merwe begin saampak en het hy saam met sy kaptein Scott Edwards die S.A. boulers middelmatig laat lyk en hul span geneem na 245 / 8.

Van der Merwe het ’n warrelwind beurt van 29 gespeel terwyl Edwards met 78 nie uit nie koel en kalm die boulwerk van die Proteas verder kasty het. Aan die einde het die draaibouler Aryna Dutt die grenshoue laat reën en Lungi Ngidi , Kagiso Rabada en Gerald Coetzee se boulsyfers nog verder verinneweer.

Die Proteas het daarna ‘n flou kolfvertoning gelewer en was almal uitgehaal vir 207 lopies.

Suid-Afrika sal egter dringend die boul- en veldwerk kwessies tesame met ‘n ondergemiddele kolfvertoning moet aanspreek wanneer hulle Engeland Saterdag in wedstryd nommer 20 van diè toernooi gaan pak.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×