KRIEKET – Die Rajashtan Royals  wat hulself tans nog steeds bo-aan die Indiese Premier Liga bevind het Woensdag hul 1ste nederlaag teen die Gujarat Titans  gelei met 3 paaltjies

Die Royals het ’n goeie telling van 196 / 3 op die telbord geplaas met kaptein Sanju Samson wat weer uitgeblink het met ’n onoorwonne 68 en ook goeie ondersteuning van Riyan Das ontvang het met sy bydrae van 76 lopies.

Dit was egter nie genoeg om die Titans se lopiejaagtog te stuit nie aangesien Shubman Gill in die toporde die beurt geanker het met 72 lopies terwyl sy spanmaats rondom hom op gereelde grondslag hul paaltjies weggegee het.

*Dit was egter Afghanistan se Rashid Khan wat die held vir sy span was toe diè veelsydige spelers die laaste aflewering in die beurt vir ’n vier geslaan het en sodoende  ’n dramatiese oorwinning vir sy span kon verseker.

error: Inhoud is beskerm !!