KRIEKET – Die 1ste eendag-wedstryd tussen die Protea vrouespan en Sri Lanka is Dinsdag as gevolg van die gure weer en reën in Oos-Londen afgelas.
Die tuisspan het 1ste gekolf en danksy ’n pragbeurt van 116 deur Tazmin Brits 270 / 6 aangeteken.
Sri Lanka se telling was 23 sonder die verlies van ’n paaltjie in die 7de boulbeurt toe die reën begin uitsak en ’n einde aan diè kragmeting gebring het.
*Die volgende wedstryd in die reeks van 3 word Saterdag in Kimberley beslis.