KRIEKET – Reën het laaste sê in die Proteas en Engeland se o.19 WB-groepwedstryd in Potchefstroom gehad nadat die Engelse volgens die DLS-formule diè kragmeting met 36 lopies gewen het.
Die Jong Proteas het 1ste gekolf en is vir 230 uitgehaal. Die openingskolwer Steve Stolk het die beste met die wilgerlat gevaar en 64 lopies van 55 aflewerings aangeteken.
Engeland het met hul telling op 8 vir Jaydn Denly verloor maar kaptein Ben McKinney en Noah Khain het met ’n venootskap van 92 lopies om die 2de paaltjie die Rose weer op koers gebring.
Met die telling op 137 / 2 in die 29ste beurt is die spelers van die veld weens die gevaarlike weerstoestande waarna die berekeninge gemaak is en Engeland as die wenner weggestap het.
*In vandag se bepalings speel Nepal teen Pakistan, die Windies pak Skotland en Sri Lanka sal teen Namibië te staan kom. Al 3 wedstryde begin om 10:00.