Reën het ‘n vroeë einde gebring tot die eerste dag van spel in die toetswedstryd tussen die Proteas en Sri Lanka op Kingsmead in Durban.

Sri Lanka se kaptein Dhananjaya de Silva het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Die tuisspan was vroeg in die knyp met Aiden Markram , Tony de Zorzi , Tristan Stubbs en David Bedingham wat vinnig hulle paaltjies verloor het.

Toe spel afgelas is was die Proteas op 80 / 4 na 20.4 boulbeurte met kaptein Temba Bavuma op 28* en Kyle Verreynne op 9* wat op Dag 2 sal kom voortkolf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×