Die Quetta Gladiators het Woensdag ’n nuwe hoogtepunt in die Pakistanse Superliga bereik, deur ’n rekordtelling van 263 / 3 aan te teken teen Islamabad United.

Die Suid-Afrikaanse kolwer Rilee Rossouw het vir vuurwerk gesorg met ’n merkwaardige 104 lopies van net 46 balle en ’n vennootskap van 134 lopies opgestel saam met Hasan Nawaz met 100 nie uit nie.

Mohammad Amir het toe drie paaltjies geneem om Islamabad tot net 154 lopies te beperk.

Rossouw wat as die Speler van die Wedstryd aangewys is, het sy negende T20-honderdtal aangeteken en staan nou onder die voorste lopiemakers in diè reeks.

error: Inhoud is beskerm !!