KRIEKET – Die Proteas het die 3de T20 wedstryd teen Indië gister in Indore met 49 lopies gewen.

Die Suid-Afrikaners het weer ‘n telling van meer as 200 op die telbord geplaas met die Knights speler Rilee Rossouw wat geskitter het met ‘n honderdtal van net 48 balle wat 7 viere en 8 sesse ingesluit het terwyl Quinton de Kock se bydrae van 68  verseker het dat die besoekers 227 / 3 kon aanteken.

Rishabh Pant met ‘n blitsvinnige 27 en Dinesh Kartik met ‘n meesterlike 46 van net 21 balle het als in die stryd gewerp om die teiken te jaag wat egter van akademiese belang was nadat Indië reeds diè reeks Sondag beklink het.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×