KRIEKET – Die Rocks en die Westelike Provinsie het gister maklike oorwinnings teen onderskeidelik die Lions en Dragons in die T-20 reeks behaal

Die Rocks het die Lions met 44 lopies uitgestof nadat die Bolanders  ‘n stewige 160 / 4 aangeteken het en die Gautengers tot net 116 lopies beperk het.

Die Westelike Provinsie was met 84 lopies aan die wenkant teen die Dragons. Die span van Noord-Wes moes ‘n teiken van 164 jaag maar kon nie die verlangde kolftempo van meer as 8 per beurt handhaaf nie en was almal terug in die kleedkamer vir 80 lopies.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×