KRIEKET –  Die Suid-Afrikaanse o.19 vrouespan het hul wenmomentum behou toe hulle die Verenigde Arabiese Emirate gister met 45 lopies geklop het in hul 3de groep wedstryd in die Wêreldbeker-toernooi..

Die tuisspan het eerste gekolf en kon net ’n beskeie 112 /7 op die telbord plaas. Die openingskolwer Elandri van Rensburg het 24 bygedra terwyl haar kolfvennoot Simone Lourens ook 27 lopies kon byvoeg.

Die VAE se kolwers kon van bal 1 af nie die mas opkom nie. Samaira Dharnidharka  het die hoogste telling van 13 aangeteken terwyl Miane Smit skitterend geboul het en 4 kolwers vir net 11 lopies laat terugstap het kleedkamer toe.

In die ander bepalings van die dag het Skotland weer pakslae gekry toe hulle deur Indië met 83 lopies gestoomroller is. Bangladesh het ook met die VSA klaargespeel en met 5 paaltjies geseëvier terwyl Australië gewys het waarom hulle een van die gunstelinge is om hierdiè toernooi te wen toe hulle Sri Lanka ’n krieketles geleer het. Die Aussies het 159 / 5 bymekaar gemaak en daarna die Sri Lankese vir net 51 lopies reeds in die 13de boulbeurt uitgenkikker.

Die laaste groepwedstryde in die toernooi vind vandag plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×