KRIEKET – Suid-Afrika se A-span kon darem die kastaiings uir die vuur krap toe hulle ’n onbesliste uitslag in die 2de en laaste vierdag wedstryd teen Sri-Lanka se naasbestes in Colombo afgedwing het.
Die tuisspan het met hul telling op 327 / 7 in die 2de beurt halt geroep met ’n groot voorsprong van 323 lopies. Die Suid-Afrikaanse kolwers het daarna dinge rustig gehou en met die telling op 156 / 4 het die 2 spanne se kapteins besluit om blad te skud.
Alhoewel Sri Lanka diè nie-amptelike meerdagreeks met 1 – 0 gewen het keer die Suid-Afrikaners darem nie met leë hande terug huistoe nie nadat hulle die eendagreeks met 2 – 1 beklink het.