KRIEKET  –  Suid-Afrika se o.19’s het byna ’n maklike oorwinning uit hul hande laat glip teen die Windies in 1ste wedstryd van WB-toernooi toe hul eindelaas met 31 lopies in Potchefstroom kon wen.

Die Jong Proteas het ’n goeie telling van 285 / 9 aangeteken met Dewan Marais se 65 en die nuwe kaptein Juan James met 47 wat die oog gevang het.

Die eilandspan was op 73 / 5 diep in die moelikheid maar ’n puik beurt van 130 deur Jewel Andrew het amper die partytjie vir die Suid-Afrikaners bederf. Die linherhandse snelbouler Kwena Maphaka het ’n spogvertoning vir die Proteas met die bal gelewer en 5 paaltjies vir net 38 lopies laat kantel.

*In vandag se bepalings speel Australië teen Namibië in Kimberley terwyl Bangladesh teen Ierland te staan sal kom in die Rosestad. Diè wedstryde begin om 10:00 en toegang by die Mangaung Ovaal in Bloemfontein is gratis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×