KRIEKET – Die Suid-Afrikaanse opkomende XI-tal het ook die eendagreeks teen hul eweknie van Zimbabwe gister met ’n klinkende oorwinning van 6 paaltjies op die Groenkloof Oval in Tshwane verseël.

Kaptein Mitchell van Buuren het geskitter met sy 69 nie uit nie en is ook goed ondersteun deur paaltjiewagter Daniel Smith met sy bydrae van 78 lopies en die span in staat gestel om die wenteiken van 245 reeds in die 43ste boulbeurt te kon bereik.

Nealan van Heerden , Nqabayomzi Peter en Jordan Hermann was die tuisspan se beste boulers en het ook tussen hulle 9 paaltjies vir 93 lopies laat kantel.

Die S.A. elftal wen die reeks 4 – 1.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×