KRIEKET  –  Met die T20 Wêreldbeker-toernooi wat oor 10 dae op die Afrika vasteland begin sal alle oë op die Suid-Afrikaanse vrouespan gerig wees om van Dag 1 af op alle silinders te vuur op soek na ‘n 1ste wêreldtitel.

Krieket Suid-Afrika het ook gister sy groep van 15 aangewys met die ervare en veelsydige Danè van Niekerk wat nie deel van diè skouspel gaan wees nie aangesien sy nie die vereiste fiksheidstoets kon slaag nie. Sy is ook om dieselfde rede nie vir die driehoekige reeks gekies wat tans tussen Suid-Afrika , Indië en die Windies gespeel word nie.

Sune Luus sal weer die span aanvoer terwyl die ervare naatbouler Shabnim Ismail aan haar 8ste WB-toernooi deelneem. Sy is ook die enigste speler in die Suid-Afrikaanse span wat in al die toernooie gespeel het sedert die eerste een in 2009 in Engeland beslis is.

Diè toernooi word van 10 tot 26 Februarie in Kaaptad , die Paarl en Gqeberha aangebied. Die Proteas speel in die openingswedstryd teen Sri Lanka op Nuweland in die Kaap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×