Die Suid-Afrikaanse onder-19 vroue span het vroeg Maandag gesorg vir ‘n reuse oorwinning in hulle tweede wedstryd van die Internasionale Krieketraad se Vroue o/19 T20 Wêreldbeker-toernooi wat in Maleisië beslis word.

Die jong Protea vroue het in Kuching teen Samoa te staan gekom en hulle uitgeboul vir ‘n skamele 16 lopies in die tiende boulbeurt.

Nthabiseng NIni en Seshnie Naidu het die verwoesting gesaai met boulsyfers van onderskeidelik  3 / 4  en   2 / 0.

Die Protea aanvangskolwers Simone Lourens en Jemma Botha kon die 17 lopie telling afjaag binne twee boulbeurte.

Die Jong Proteas sal Woensdagoggend teen Nigerië te staan kom wat intussen vir Nieu-Seeland geskok het in ‘n 2 lopie oorwinning.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×